Quote of the week

[Venezuelan President Nicolás Maduro] possesses, however, few of his predecessor’s resources, lacking not just oil revenue but Chávez’s surplus of charisma, humour and political skill. Maduro, unable to end the crisis, has increasingly sided with the privileged classes against the masses; his security forces are regularly dispatched into barrios to repress militants under the guise of fighting crime. Having lost its majority in Congress, the government, fearing it can’t win at the polls the way Chávez did, cancelled gubernatorial elections that had been set for December last year (though they now appear to be on again). Maduro has convened an assembly to write a new constitution, supposedly with the objective of institutionalising the power of social movements, though it is unlikely to lessen the country’s polarisation.

Greg Grandin
London Review of Books
3 September 2009

RDK waak nie oor Regbank – UP Dekaan Christoff Heyns

RDK waak nie oor die regbank – Prof Christoff Heyns, Dean of the University of Pretoria Law Faculty
Published in Beeld on 2/09/2009

(PS: Readers are welcome to send contributions in any of the official languages for publications in the seminar room.)

Die paneel van die Regterlike Dienskommissie (RDK) se beslissing oor regter John Hlo-phe, regter-president van die Suid-Kaap, is verlede Vrydag bekend gemaak. Na wat berig word, het hulle met ses stemme teenoor vier beslis dat daar nie meriete in die regters van die konstitusionele hof se klagte van poging tot onbehoorlike beïnvloeding is nie, dat die saak gestaak moet word en dat kruisondervraging onnodig is.

Dit is insiggewend dat albei regters op die paneel – regter Lex Mpati, president van die appèlhof, en regter Bernard Ngoepe, regter-president van Gauteng – volgens alle aanduidings deel van die minderheid was en die standpunt gehuldig het dat die saak behoorlik ondersoek en die getuienis aan kruisondervraging onderwerp moet word.

Samehangend en logies

Die minderheidsuitspraak is kort, samehangend en logies – die soort uitspraak wat ‘n mens van regters sal verwag. Hulle maak die belangrike punt dat bewys van poging tot onbehoorlike beïnvloeding reeds genoeg sal wees om die regter in ‘n staat van beskuldiging te plaas; getuienis van werklike beïnvloeding is nie nodig nie. Om die vraag te beantwoord of so ‘n poging uit die omstandigheidsgetuienis afgelei kan word, om vas te stel wat werklik gebeur het, is kruisondervraging nodig.

Die rede vir die twee regters se benadering is waarskynlik aan die een kant dat hulle maar te goed weet hoe belangrik integriteit en geloofwaardigheid op die regbank is en dat aanhoudende aanduidings van wangedrag deur een van hul ampsbroers die reg en die hele regbank se aansien benadeel.

Maar dit hou sekerlik ook daarmee verband dat hulle as regters uit ervaring weet hoe ‘n kragtige wapen kruisondervraging in regsprosesse kan wees om by die waarheid uit te kom as daar teenstrydige weergawes is. En hulle ken en respekteer die streng kode van nie-inmenging deur regters in mekaar se sake.

Onbehoorlike beïnvloeding

Onbehoorlike beïnvloeding van ‘n regter kan verskillende vorme aanneem: Dit kan meer of minder blatant wees – in ekstreme gevalle kan geld betaal word of dreigemente gemaak word of die een party kan aan die ander party in soveel woorde sê hoe die saak beslis moet word.

Maar daar is ook die meer subtiele, hoewel ewe skadelike vorm, waar dit gaan oor die misbruik van invloed of posisie om die saak in ‘n sekere rigting te laat beweeg.

In laasgenoemde soort geval maak dit nie sin om na ‘n smoking gun of direkte woorde te soek nie – dit gaan oor ‘n afleiding wat op grond van die konteks, soos magsverhoudings tussen die partye en die beskouing wat geskep word, gemaak moet word.

Omdat dit oor beskouings en bedoelings gaan, is kruisondervraging dikwels essensieel in so ‘n geval om vas te stel wat die partye bedoel het en hoe hulle dinge verstaan het.

Onsamehangende dokument

Die meerderheid van die RDK se beslissing, soos uiteengesit in ‘n redelik onsamehangende dokument van 152 bladsye, is egter dat omdat daar nie getuienis van die meer blatante vorm van direkte beïnvloeding is nie, daar nie aanduidings van ‘n poging tot onbehoorlike beïnvloeding is nie. Volgens hul benadering sou die gesprek moes afsluit met ‘n formele versoek, iets soos: “Ek vra jou dus om in Jacob Zuma se guns te beslis”, om onbehoorlike beïnvloeding daar te stel. Deurdat die meerderheid vir die verkeerde goed soek, word die foutiewe gevolgtrekking waartoe hulle kom, onafwendbaar.

Een van die probleme is dat hulle die konteks van die besoek en die beskouings wat mag bestaan oor die gesagsverhoudings tussen die partye miskyk of ignoreer. ‘n Prominente regter-president bring ‘n private besoek aan ‘n waarnemende lid van die konstitusionele hof (boonop sy voormalige junior personeellid aan die Universiteit van die Transkei) om een van die mees kontensieuse sake in die land in daardie stadium, waarin die hof die toekomstige president van die land se lot kan bepaal, te bespreek. Hy sê dat hyself soos Zuma vervolg word, dat hy “?’n mandaat” het, dat daar nie ‘n saak teen Zuma is nie en dat die regters van die konstitusionele hof “ons laaste hoop is”.

I smoked, but I did not inhale

Watter beskouing sal dit nie by elke redelike mens skep nie? En hoe kan ‘n senior regter ‘n mens in die oë kyk en sê hy het al hierdie dinge gedoen, maar nie gedink dit kan die partye beïnvloed nie? In oudpres. Bill Clinton van die VSA se woorde: “I smoked, but I did not inhale.”

Verbasend genoeg val die meerderheid van die RDK ook vir die bewering van die regter dat as hy die hof wou beïnvloed, hy by die meer senior regters sou begin het. As ‘n mens kyk na hoe die meer junior regters, waarvan een sy vriend is, gereageer het op sy toenadering, kan jy net dink wat die senior regters sou doen as hy hulle by sy “robuuste gesprek” oor die saak voor hulle probeer betrek het.

Die probleem van die hele sage lê natuurlik nie in die eerste plek by Hlophe self nie. Mense wat nie die voordeel het van ‘n redelik betroubare morele kompas nie, tree dikwels op volgens die ruimte wat vir hulle beskikbaar is. Die verantwoordelikheid lê daarom in die eerste plek voor die deur van diegene wat aan hulle die spasie en die geleenthede – die suurstof – gee om aan te hou optree soos wat hulle wil. Die RDK is die liggaam wat spesifiek aangestel is om oor die integriteit van die regbank te waak, maar duidelik so uitgelewer is aan eksterne invloede dat hulle nie daarin slaag nie. Dit wil voorkom asof hier ‘n patroon is ten opsigte van hoëprofiel-sake, waar alle moontlike politieke middele ingespan word om te keer dat die reg sy gang gaan. Die reg word toenemend in die werklik belangrike sake nie toegelaat om sy regmatige rol te speel nie – die reg word gereduseer tot iets wat hoogstens ‘n rol te speel het in relatief onbelangrike kwessies van sake, persoonlike sake en administrasie. Die uiteinde van so ‘n pad sal wees dat die reg nie meer ‘n beperker van mag sal wees waar dit saak maak nie.

In ‘n artikel Sondag het Ngoepe in ‘n ander konteks gesê die minderheidsuitsprake van vandag is die meerderheidsuitsprake van môre. Dit is verblydend dat die regters op die RDK dit as hul taak sien om die integriteit van die regbank te beskerm. Om Hlophe se woorde, ook uit konteks, hier van toepassing te maak – “Ons laaste hoop lê by hulle”.

Daar is bemoediging te vind in die feit dat die regters van die konstitusionele hof moedig genoeg was om inmenging met hul werk so ernstig op te neem en aan te vat.

Dit is die moeite werd, in hierdie konteks, om weer oudpres. Nelson Mandela se woorde by die opening van die konstitusionele hof op 14 Februarie 1995 in herinnering te bring:

“Judge Arthur Chaskalson and other members of the Constitutional Court, let me say the following: Yours is the most noble task that could fall to any legal person. In the last resort, the guarantee of the fundamental rights and freedoms for which we fought so hard, lies in your hands. We look to you to honour the constitution and the people it represents. We expect from you, no, demand of you, the greatest use of your wisdom, honesty and good sense – no shortcuts, no easy solu-tions. Your work is not only lofty, it is also lonely. In the end you only have the constitution and your conscience on which you can rely. We look upon you to serve both without fear or favour.”

SHARE:     
BACK TO TOP
2015 Constitutionally Speaking | website created by Idea in a Forest